| 
                   
                Aan alle Suidlanders -
                vanaf 'n bekeerde Suidlander.  
                
                Skrifte (Swart),
                      Gustav se woorde (blou), Redakteur se kommentaar
                      (groen). 
                  
                9 Nov
                   2013   . 
                Van die begin van die
                Suidlanders se ontstaan het ek met groot belangstelling en groot erns die beweging en die gees daar
                agter betraag, en as ‘n weergebore Christen ag ek dit nou noodsaaklik om dit wat ek oor die jare
                heen van hierdie beweging bespeur het, met my landsgenote te deel. Hierdie skrewe is 'n kombinasie
                van dit wat aanleiding gegee het tot die stigting van "Die Suidlanders" en waarin dit uiteindelik
                ontaard het. Dit wat begin het as ‘n boodskap van “Bekeer of Ek vernietig
                julle” ... het nou so ewe
                verander in ‘n boodskap van beveiliging. Beveiliging teen wie? God? Die oorspronklike skrifte,
                gegee deur Mnr. Müller toon tog duidelik dat dit God self is (sy naam is Jesus), wat die aanvallers
                oprig en dat Hyself die aanval gaan loods teen hierdie goddelose boerevolk! Ek haal uit Gustav se
                skrifte aan... 
                  
                Eze
                20:47 Kyk,
                      Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom
                      sal verteer; 
                  
                Jer
                      13:16  Gee eer aan die
                      HERE julle God voordat Hy dit donker laat word… 
                  
                Eze 7:8-9 
                Nou sal
                Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en
                jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat
                neerkom.  (9)  En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie
                spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in
                jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan… 
                  
                Ek besef dat ek menige mense
                hiermee sal omkrap en dit is nie my bedoeling nie. As 'n prediker van die Evangelie van Jesus
                Christus en die verborgenhede wat daarmee saam gaan, weet ek dat die boodskap van die
                Suidlanders in teëstryd is met die woord van God, en dit is vir my moeilik om te sit en
                kyk hoe baie van my landsgenote met hierdie onding saam gesleep word. Mag God diegene wat Hom in
                gees en in waarheid probeer aanbid, se oë open is my gebed… 
                  
                Die oorspronklike boodskap
                lei “indien julle nie bekeer nie,
                dan sal EK hierdie dinge oor julle bring.”Julle weet goed dat ‘n
                regverdige God nie sy toorn oor ‘bekeerde mense sal uitstort nie! Die feit dat julle as Suidlanders
                besig is met voorbereiding en beveiliging, eerder as ‘n hartsbekering, spreek tog boekdele teen
                julself. Die Woord sê nie,
                “as julle vir julle grypsakke
                pak, ‘n afgeleë wegkruip plek vind, en ‘n ontsnappingsroete daarna toe uit werk, dan sal julle
                vrykom”,nie.  Dit
                sê wel… 
                  
                2Ch
                7:14  As my
                      volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle
                      bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en
                      hulle land genees.   
                  
                Luk
                      21:36  Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag
                      word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te
                      staan. 
                  
                Merk in die skrif hierbo,
                dat ons ontvlugtings-bestemming nie ‘n saai of ‘n bosveld plaas nie, dit is by “die seun van die
                mens”. Vir julle wat nog saam met my is, kom ons keer terug na 5 Januarie 2008... 
                  
                Die Suidlanders 
                
  
                03 Februarie 2008 
                
  
                Amptelike verklaring van Gustav Müller
                aan die Suidlanders - 5 Jan 2008  
                As gevolg van baie debatte en
                besprekings en in sommige gevalle selfs swartsmeerdery het ons as Suidlanders dit nodig geag dat ek
                (Gustav) `n amptelike verklaring opsluit uitreik oor wie en wat ’n Suidlander is, dat u opnuut kan
                besluit of u hierdie sentiment deel. 
                 
                Die naam ‘Suidlander’ het sy oorsprong in die naam Suidland. Met die stigting van Suidland–Aksie ’n
                paar jaar gelde het ek en talle vriende ons gaan afsonder in vas en gebed in die Bosveld (Mabothe)
                vir drie dae lank om leiding van ons Vader in die hemel te vra. In hierdie drie dae het ons baie
                Skrifte ontvang, maar twee Skrifte het uitgestaan, die eerste Skrif kom uit Jeremia 13.
                U kan dit gaan lees (die woord Suidlanders kom daarin voor); 
                  
                Jer
                      13:1-27  So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou ‘n
                      linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom
                      nie.  (2)  En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE
                      en dit om my heupe gebind.  (3)  Toe het die woord van
                      die HERE vir die tweede keer tot my gekom en gesê:  (4)  Neem die gord wat jy
                      gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in
                      ‘n klipskeur.  (5)  Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat,
                      soos die HERE my beveel het.  (6)  En ná verloop van baie
                      dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan
                      wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.  (7)  Daarop het ek na die
                      Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en
                      kyk, die gord het bederf, dit was
                      waardeloos.  (8)  Toe het die woord van
                      die HERE tot my gekom en gesê:  (9)  So spreek die HERE:
                      So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem,
                      wat so groot is.  (10)  Hierdie goddelose volk wat weier om na my
                      woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop
                      om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig—hulle moet word soos hierdie gord wat
                      waardeloos is.  (11)  Want soos die gord
                      kleef aan die heupe van ‘n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda
                      aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees ‘n volk en ‘n roem en ‘n lof en ‘n
                      sieraad; maar hulle het nie geluister nie.  (12)  Sê verder aan hulle
                      hierdie woord: So spreek die HERE, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal
                      hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word
                      nie?  (13)  Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul
                      met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van
                      Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van
                      Jerusalem.  (14)  En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die
                      vaders en die kinders almal saam, spreek die HERE. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm
                      nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.  (15)  Luister en merk op;
                      verhef julle nie, want die HERE het
                      gespreek!  (16)  Gee eer aan die
                      HERE julle God voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete
                      stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar
                      Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid
                      verander.  (17)  Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in
                      skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat
                      die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.  (18)  Sê aan die koning en
                      aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het
                      geval.  (19)  Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak
                      oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer
                      volkome!  (20)  Hef jou oë op, en aanskou die wat uit die noorde kom. Waar
                      is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee? 
                      (21)  Wat sal
                      jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude
                      vriende te wees? Sal weë jou nie aangryp soos van ‘n barende vrou
                      nie?  (22)  As jy dan in jou hart sê: Waarom het hierdie dinge my
                      oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheid is jou slippe opgetel, het jou hakskene
                      gely onder geweld.  (23)  Kan ‘n Kusiet sy vel
                      verander of ‘n luiperd sy vlekke? Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat
                      gewend is om kwaad te doen.  (24)  Daarom sal Ek hulle
                      verstrooi soos ‘n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die
                      woestyn.  (25)  Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het,
                      spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou
                      het.  (26)  So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor
                      jou aangesig, sodat jou skande gesien word.  (27)  Jou owerspel en
                      jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels
                      gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein
                      word? 
                  
                
                Gustav praat
                verder… 
                …hier het die hemelse Vader vir
                ons gesê wat die toestand van die Boervolk is en dat ons dit aan hulle moet bekend maak,
                en hulle roep tot ’n hartsbekering en nie tot ’n bekering van die lippe
                nie. Die Woord sê ‘aan die vrug van die boom sal jy die boom ken’, en ek het toe landswyd begin
                ry en sowat 55 000 km afgelê om die boodskap van bekering uit te dra. Sommige kerke het my
                genooi om selfs dienste op Sondae te hou; verder is daar huis- en openbare vergaderings gereël
                waartydens van die ‘vrugte’ wat die Boervolk nie meer gedra het nie, aan hul bekend gemaak
                is. 
                  
                
                      Van die
                      `verdorde vrugte` was byvoorbeeld: 
                
                      1.)
                            
                      Ons volk se
                      Sabbat ontheiliging. 
                
                      2.)
                            
                      Ons motors
                      wat die parkeerplekke by die dobbelhuise (afgod van Astartis) volstaan. 
                
                      3.)
                            
                      Die
                      sportafgod. 
                
                      4.)
                            
                      Geld (Mammon)
                      en status voor wie ons ook die knie gebuig het. 
                
                      5.)
                            
                      Die afgod van
                      wellus wat met oorgawe gedien word, ens., ens… 
                Die tweede Skrif was Eseg.
                20:45-49. (Dit is `n profesie oor die toekoms). 
                  
                Eze
                      20:45-49
                   Verder het die woord van die HERE tot my gekom en
                gesê:  (46)  Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede
                druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die Suidland, 
                (47)  en sê aan die
                bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE: So spreek die Here HERE: Kyk,
                Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal
                verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle
                aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe; 
                (48)  en alle vlees
                sal sien dat Ek, die HERE, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word
                nie.  (49)  Toe sê ek: Ag, Here HERE, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd
                in gelykenisse nie? 
                  
                
                Gustav gaan
                voort… 
                Die woord Suidland kom drie
                keer hierin voor, ons het die Skrif die derde dag ontvang, en watter belewenis was dit nie
                om tussen daardie bosse te sit en verse 46 en 47 te lees nie! 
                  
                Eze
                      20:46
                   Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel
                teen die suide en profeteer teen die bosveld, die
                Suidland, (47)  en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE:
                So spreek die Here HERE: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke
                droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal
                alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe; 
                  
                
                Gustav praat
                verder… 
                Daar is soveel wonderbaarlike
                getuienisse wat in daardie drie dae afgespeel het, en ek hoop en vertrou ek sal dit eendag te boek
                kan stel, want dit is te veel om in hierdie kort verklaring op te neem. En daar in afsondering
                het die Suidlanders hul naam gekry. Kort daarna is `n stigtingsvergadering te Villiers gehou
                met 12 raadslede van oor die hele land. 
                  
                Met my reis deur die land is
                ons eerste publikasie, ‘Brandwag vir die Suidland’ versprei, en daarin is ’n oproep gedoen dat ons
                ons voor die Almagtige Vader moet neerbuig. Ek het kopieë van hierdie publikasie in boekwinkels
                geplaas om gratis uit te deel, en waar ek toestemming kon kry, dit ook op winkeltoonbanke gelaat.
                Ongeveer `n jaar lank het ek hierdie bekeringsboodskap uit gedra totdat ek een oggend op pad van
                Durban af terug Vereeniging toe was. Daardie oggend het ek tot die Here gebid dat as Hy nie wil hê
                ek moet langer hiermee voortgaan nie, Hy iets groots moet laat gebeur sodat ek dit kan “weet”. (En
                nou waarsku die Bybel ook dat mens versigtig moet wees wat jy vra, want jy kan dit dalk kry).
                Ongeveer 19H00 daardie middag beland ek in so groot ongeluk dat my motor totaal afgeskryf moes
                word, maar deur die Genade het ek nie ’n skrapie opgedoen nie. Hierna het ek ernstig tot die Vader
                gebid en gevra wat moet ek nou doen, want dit het gevoel of die Leiding stilgeraak het. Daardie
                aand maak ek my Bybel oop en lees dat ek my lewe moet geniet saam met die vrou wat ek lief het. So
                gesê so gedaan. Ongeveer ’n jaar het verbygegaan voordat die Here my baie ernstig en dringend
                opgeroep het om weer ’n boodskap aan die volk uit te dra. Hierdie keer was dit ’n kombinasie van
                die bekeringsboodskap (wat die primêre doel van Suidlanders is) en die waarskuwing oor die
                fisiese gevaar wat ons volk bedreig en wat besig was om sy verskyning op die horison te maak, nl.
                Uhuru. (Uhuru was die instrument wat God sou gebruik om Sy toorn oor ’n afvallige
                volk te laat kom). Met hierdie boodskap het ek in 2006 begin en was DVD’s 1,2 en 3 in
                2007 die afsluiting. Teen die einde van 2007 het ek die Here weereens gevra wat moet ek nou doen,
                want daar het weer ’n stiltetyd aangebreek. Toe gee die Here vir my die volgende skrifte Eseg. 24:
                26-27 
                  
                Eze
                      24:25-27
                   En wat jou aangaan, mensekind, sekerlik, die dag as Ek hulle
                vesting van hulle af wegneem, hulle heerlike vreugde, die lus van hulle oë en die verlange van
                hulle siel, hulle seuns en hulle dogters,  (26)  op dié dag sal ‘n
                vlugteling na jou toe kom om jou dit te verkondig.  (27)  Op dié dag sal jou mond
                geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie. So sal
                jy dan vir hulle ‘n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. 
                  
                
                      en
                      Habakuk 3:6. 
                Hab
                      3:6  Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies
                      opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels—paaie van die ou
                      tyd vir Hom. 
                  
                
                Gustav
                praat… 
                Sedertdien hou ek nie meer
                vergaderings nie, maar help net waar ek kan met reëlings rondom die beveiliging van ons
                mense. 
                  
                (Die besluit hier bo is
                duidelik dat Gustav besef dat die volk nie gaan bekeer nie… en as gevolg van sy liefde vir sy
                medemens, hy nou probeer om die toorn van God so oneffektief moontlik te maak!  Dit is egter dwaasheid. Dink Gustav werklik hy kan die toorn van God
                oneffektief maak deur die mense te beveilig. Beveilig teen wie? Al wat hy van hier af doen is om sy
                volgelinge ‘n valse gerustheid te gee. Instede van ‘nboodskap van bekering,
                verkondig hy ‘nou ‘n boodskap van gereedmaking. In Jer 13:9 sê God dat dit Hy self is wat hulle hoogmoed bedorwe en in vers 16 dat dit
                Hy self is wat dit donker sal laat word. In Eze 20:47
                sê God “Ek
                steek ‘n vuur in jou aan”. Dink Gustav regtig dat hy
                God se hand kan wegklap! Dit is tog dwaasheid, en die wat Gustav en sy handlangers volg verdien God
                se toorn op hulle. -Redakteur.) 
                  
                Definisie van `n
                Suidlander: 
                Gustav
                praat… 
                In kort is ’n Suidlander ’n
                gelowige volksgenoot wat besef en erken dat ons die weë van die Here as ‘n volk
                verlaat het (Jer13). Uit die kennis wat ons uit die Skrif ontvang, weet ons dat die toorn
                van God teen hierdie mooi land kan ontketen. (Eseg. 7,) 
                  
                [Let op: die
                een vermaning / bestrawing na die ander. Geen teken dat God skielik van plan verander het om die
                arme sondige en goddelose boerevolkie te vertroos en te vergewe nie. God se dreigement bly en is
                steeds dieselfde. … Redakteur.] 
                  
                God gaan
                voort… 
                Eze
                      7:1-27  Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en
                      gesê:  (2)  En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van
                      Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die
                      land.  (3)  Nou is die einde oor jou, en Ek sal my
                      toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat
                      neerkom;  (4)  en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar
                      nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en
                      julle sal weet dat Ek die HERE is.  (5)  So sê die Here
                      HERE: Onheil op onheil, kyk, dit kom!  (6)  ‘n Einde kom, die
                      einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!  (7)  Die lotsverandering
                      kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen
                      vreugdegeroep op die berge nie!  (8)  Nou sal
                      Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat
                      uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat
                      neerkom.  (9)  En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie;
                      Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou
                      midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan. 
                      (10)  Kyk, die
                      dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het
                      uitgespruit.  (11)  Die geweld het opgegroei tot ‘n roede van goddeloosheid;
                      niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal
                      aan hulle wees nie.  (12)  Die tyd het gekom,
                      die dag is naby; laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want
                      toorngloed is daar oor die hele menigte van die
                      land.  (13)  Want die verkoper sal nie teruggaan na wat verkoop is
                      nie—ook as hy nog in die lewe is; want die gesig aangaande die hele menigte van die
                      land sal nie herroep word nie, en niemand sal homself deur sy ongeregtigheid in sy lewenskrag
                      versterk nie.  (14)  Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar
                      niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die
                      land.  (15)  Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne;
                      hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die
                      hongersnood en die pes verteer.  (16)  En die wat uit hulle
                      ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal
                      klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.  (17)  Almal se hande sal
                      slap word, en almal se knieë sal wegvloei soos
                      water.  (18)  Ook sal hulle rouklere aangord, en angs sal hulle oordek;
                      en oor al die aangesigte sal skaamte wees en op al hulle hoofde ‘n
                      kaalte.  (19)  Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud
                      sal ‘n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van
                      die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul
                      ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle
                      ongeregtigheid.  (20)  En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van
                      trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak;
                      daarom het Ek dit vir hulle tot ‘n voorwerp van afsku gemaak. 
                      (21)  En Ek sal
                      dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat
                      hulle dit ontheilig.  (22)  Ook sal Ek my
                      aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit
                      ontheilig.  (23)  Maak ‘n ketting klaar, want die land is vol
                      bloedgerigte en die stad is vol geweld.  (24)  Daarom sal
                      Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal
                      neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal
                      ontheilig word.  (25)  Die angs kom; en hulle soek vrede, maar dit is nie daar
                      nie.  (26)  Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle
                      sal ‘n gesig verlang van die profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die
                      raad vir die oudstes.  (27)  Die koning sal rou,
                      en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur
                      skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge
                      sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. 
                 
                 
                 
                
  
                God gaan
                voort… 
                Jesaja 30 
                Isa
                      30:1-11  Wee die opstandige
                      kinders (boerevolk)
                , spreek die HERE, wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat ‘n
                verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te
                stapel;  (2)  wat gaan om na
                Egipte  (die
                buiteland) af te trek, en hulle
                raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die
                skaduwee van Egipte (die
                buiteland). 
                      (3)  Maar
                      die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van
                      Egipte tot smaadheid.  (4)  Want hulle vorste is
                      in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;  (5)  almal staan beskaamd
                      vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar
                      skande en smaadheid daarby.  (6)  Godspraak oor die
                      diere van die Suidland. In ‘n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder
                      en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van
                      kamele hul skatte, na ‘n volk wat geen voordeel bring nie. 
                      (7)  En
                      Egipte—nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat
                      stilsit.  (8)  Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle
                      teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in
                      ewigheid.  (9)  Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders,
                      kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;  (10)  wat aan die sieners
                      sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir
                      ons, profeteer bedrieëry;  (11)  wyk af van die weg,
                      buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn! 
                  
                […in menige Suidlander
                vergaderings het ek menige male iemand hoor sê, “Laat godsdiens hieruit!” – en dit nadat
                hulle die vergadering met gebed geopen het! Eers nooi hulle Hom in en dan gee hulle Hom ‘n koue
                skouer. Dit is tog ‘n duidelike teken van hul goddeloosheid. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.
                Die vrugte maak nie die boom goed of sleg nie, dit toon net of die boom goed of sleg is. –
                Redakteur.] 
                  
                Isa
                      30:12-15
                   Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord
                verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun, 
                (13)  daarom sal
                hierdie skuld vir julle wees soos ‘n los stuk wat wil val, wat oorhang in ‘n hoë muur, waarvan die
                instorting heeltemal onverwags kom.  (14)  Ja, Hy sal dit verbreek
                soos die kruik van ‘n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat
                by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water
                uit die kuil te skep nie.  (15)  Want so sê die Here HERE,
                die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue
                bestaan julle krag; maar julle wou nie 
                  
                […terug keer na wat? Menige
                “Doen dit jouself Godsdienste” wat soveel Suidlanders beoefen. Keer terug na ‘n Godsvresende lewe.
                Onthou, God is nie jou “buddy” nie! Hy is ‘n 100 000 keer meer as dit. Hy is jou skepper, en
                Verlosser. Slaan ag op Sy voorwaardes, anders word Hy jou vernietiger! 
                  
                Dra dan
                vrugte wat pas by bekering! 
                  
                Weinig is godvresend. Die
                groot meerderheid loop te koop, elkeen met hul eie tuisgemaakte godsdiens. Vye-blaar bedekking,
                instede van wit klere. Ander bely dat hul kinders van die Allerhoogste is terwyl hulle,
                hul tyd verdryf met rokende sigarette en lang glase drank, al onspannend voor hul glas, klip en
                hout afgod, bekend as TV’s. Bybels weg gepak of stowerige langs ‘n goed verweerde TV-gids en
                uitmekaar koerant. Tog sê hul almal, “God sal ons beskerm?” Hulle mislei hulself soos die mense
                in die dae van Noag! 
                  
                […in menige Suidlander
                vergaderings het ek menige male iemand hoor sê, “Laat godsdiens
                hieruit!” – en dit nadat hulle die vergadering met gebed geopen het! Eers nooi hulle Hom
                in en dan gee hulle Hom ‘n koue skouer. Dit is tog ‘n duidelike teken van hul goddeloosheid. Aan
                hulle vrugte sal julle hulle ken. Die vrugte maak nie die boom goed of sleg nie, dit toon net of
                die boom goed of sleg is. – Redakteur.] 
                  
                Isa
                      30:16-33
                   en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg—daarom sal julle moet
                vlug! en: Op renperde sal ons ry—daarom sal julle vervolgers laat jaag! 
                (17)  Een duisend
                van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf,
                totdat julle oorbly soos ‘n vlagpaal op ‘n bergtop en soos ‘n banier op ‘n
                heuwel.  (18)  En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig
                te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die
                gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!  (19)  Want ‘n volk sal op Sion,
                in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep;
                sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.  (20)  Die Here gee julle wel
                brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg
                nie—maar jou oë sal jou leraars sien;  (21)  en jou ore sal ‘n woord
                agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil
                gaan.  (22)  En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde
                van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel
                is. Weg daarmee! sal jy daarvan sê.  (23)  Dan sal Hy reën gee vir die
                saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en
                voedsaam wees; jou vee sal in dié dag wei op ‘n uitgestrekte weiveld; 
                (24)  en die osse en
                die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en
                gaffel;  (25)  en op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees,
                waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val. 
                (26)  En die lig van
                die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die
                lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat
                aan hulle geslaan is.  (27)  Kyk, die Naam van die
                      HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy
                      tong soos ‘n verterende vuur,  (28)  en sy asem soos ‘n
                      oorlopende stroom wat tot by die nek kom—om nasies te sif met ‘n sif van vernietiging; en ‘n
                      toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke. 
                      (29)  Die lied
                      sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart
                      soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van
                      Israel.  (30)  En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor en die
                      neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van ‘n verterende vuur, storm
                      en stortreën en haelkorrels.  (31)  Want vir die stem van
                      die HERE sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan, 
                      (32)  en elke
                      swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom laat val, sal wees onder
                      begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met ‘n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle
                      veg.  (33)  Want ‘n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit
                      vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in
                      menigte; die asem van die HERE is soos ‘n stroom van swawel wat dit aan die brand
                      steek. 
                  
                en Habakuk
                3:16… 
                Hab
                      3:16  Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het
                      getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat
                      ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n
                      aanval maak. 
                  
                
                Gustav praat
                verder… 
                 en dat Hy
                ons stede puinhope sal maak en ons land ’n wildernis. ’n Suidlander is dus deel van die oorblyfsel
                van hierdie volk … 
                  
                [ “oorblyfsel van hierdie
                volk” Hierdie is die begin van ‘n
                baie subtiele  verdraaing van die oorspronklike boodskap!
                Die oorspronklike boodskap lei “Bekeer, bekeer… en keer terug na
                God en SY weë of anders sterf julle”. Iets wat
                die meeste Afrikaners klaarblyklik geen behae in het nie. -
                Redakteur.] 
                  
                … en gee daarom ag op die
                waarskuwings wat volledig in DVD 2 uitgelig word. Daar is ook ander organisies en leiers wat
                waarskuwings rig tot ons volk en daarvoor dank ons elkeen. ’n Suidlander wil nie in stryd wees met
                enige volksgenoot nie, want “ons stryd is nie teen mekaar nie, maar teen die wêreld en die owerhede
                en die bose magte in die lug.” 
                  
                [ Die Boervolk en Suidlander
                se stryd is teen God self. Dit is God wat besluit het hierdie volk moet of reg of weg. Word wakker!
                Kom ek haal Gustav se aanhaling en woorde aan: … - Redakteur.] 
                  
                Jer
                      13:10  Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te
                      luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om
                      hulle te dien en hul daarvoor neer te buig—hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos
                      is. 
                  
                Jer
                      13:15  Luister en merk op; verhef julle nie, want die
                      HERE het gespreek! (16)  Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit
                      donker laat word … 
                  
                Jer
                      13:25  Dit is jou lot, die deel wat Ek jou
                      toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.
                      (26)  So het
                      Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig, sodat jou skande
                      gesien word. 
                  
                “Uhuru
                was die instrument wat God
                wou gebruik om Sy toorn oor
                ’n afvallige volk te laat kom). – Gustav. ] 
                  
                (Uhuru is ‘n Swahili
                woord vir “Vryheid” en het niks te doen met nag of langmesse nie!) 
                  
                En skielik verander God se plan na verlede
                tyd?  “Uhuru
                was die instrument wat God
                      wou gebruik? - Gustav”
                      - wat het God van plan laat verander? Bekering? Ek vind dit
                      uiters interresant dat God skielik sy toorn laat vaar sonder enige bekering van ons
                      volksgenote, soos oorspronklik vereis was! 
                      Blink motors staan nog steeds voor die dobbelhuise, kerke is
                      nog steeds leeg, sport is nog steeds die Afrikaner se gunsteling tyd verdryf op die Sabbatte,
                      wellus word nog met oorgawe gedien! Ons vroue lyk nog steeds soos Jezebels, half naak, en in
                      klere wat lyk of hulle daarin gegiet is! Baie lyk soos ‘n magnetiese Plascon advertensie wat
                      ‘n draai deur ‘n R5 juweliers winkel gemaak het. Hoe dan nou? 
                  
                Rev
                      3:15-19  Ek ken
                      jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of
                      warm!  (16)  Maar nou, omdat jy lou is en
                      nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.  (17)  Want jy sê: Ek is ryk en het
                      verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig
                      en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.  (18)  Ek raai jou aan om van My te
                      koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan
                      aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf,
                      sodat jy kan sien.  (19)  Almal wat Ek liefhet,
                      bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer
                      jou. 
                  
                Indien die oorspronklike
                bosveld boodskap waarlik deur God aan hierdie leiers gegee is, is dit is tog duidelik dat dit God
                self is wat die vernietiging van die Boervolk beplan. Gustav meen dat hy nou eerder sy energie
                gebruik om die steeds onbekeerde Suidlanders/volksgenote voor te berei met kos pakkies, noodhulp
                kassies en skuilplekke. Glo Gustav en die ander verleiers werklik dat God nie instaat is om hul kos
                met miet en wurms te deurtrek nie, en dat Sy arm te kort is om hul skuilplekke te
                bereik. 
                  
                ‘n Suidlander dame sê nou
                die dag vir my, “wanneer ons op ons
                skuil-plaas kom is die eerste ding wat ons gaan doen is om ‘n plek vir aanbidding uit te
                sonder”. Wat wou!. Die meeste Suidlanders was nie die
                afgelope tien jaar in ‘n plek van aanbidding nie, behalwe vir begrafnisse en troues! Geen wonder
                God haat die goddelose! Indien iemand sê dat dit nie waar is nie, dan lees hulle nie hul Bybels
                nie. Die skrif sê… 
                  
                Psa
                      5:6  Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat
                      al die werkers van ongeregtigheid. 
                  
                Psa
                      11:5-6  Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die
                      goddelose … 
                  
                Pro
                      28:9  Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie,
                      selfs sy gebed is ‘n gruwel. 
                  
                Die
                gesegte “God haat
                      die sonde, maar is lief vir die sondaar”, is ‘n leuen en kom
                      nêrens in Sy woord voor nie! …so besin en kom terug na God toe voor dit te laat
                      is.] 
                  
                God gaan
                voort… 
                Eze
                      33:27  So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar
                      as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard
                      val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te
                      word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes
                      sterwe. 
                  
                Merk tog in hemelsnaam op
                wie julle eintlike vyand is
                !  Die
                enigste ontsnappingsroete is opregte bekering!  … Bekering volgens God se manier.
                God, wie se naam Jesus is… 
                  
                Isa
                      52:5-6  Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk
                      is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word
                      gedurigdeur die hele dag gelaster.  (6)  Daarom sal my volk
                      my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat
                      spreek: Hier is Ek! 
                  
                Psa
                      102:8  (102:9) Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen
                      my raas, gebruik my naam as ‘n vloek. 
                  
                Watter naam word die hele
                dag gelaster?... 
                  
                YHWH?   YaHWeH?   YaHaWaH?
                       YaHuWeH?  YaHuW’ Shuwa?   YaHuWaH?   JEHOVAH?
                        Josua?   Yeshua?  Elohiym?  Yeosus of  Ieosus?  Yahuah?  GOD?  - maak jou keuse! 
                 
                        
                Stellig nie een hierbo nie!
                “Jesus Christus”  en “Jesus
                Christ” is die enigste naam wat as
                laster taal gebruik word! Ontkenning sal niemand van God se misnoeë red nie.  Die woord ‘God’ is geen naam nie. ‘God’ beteken “voorwerp van
                aanbidding”. Enige ding wat aanbid word , word “God” genoem. God kan dis “Allah”, “Buddha’, ‘die
                maan’, ‘die son’, ‘geld’ of jouself wees. ‘n Voorwerp van aanbidding. 
                  
                Heb
                      1:4  terwyl Hy (die seun van God) soveel
                      uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as
                      hulle.  -  (Wat is die naam wat
                      die Seun mee bekend is? Word dit as ‘n vloek gebruik? Moenie dat enige mens jou bedrieg
                      nie.” 
                  
                Exo
                      23:20-21
                   Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en
                om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.  (21)  Neem jou in ag vir Hom en
                luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe
                nie, want my Naam is in Hom. 
                  
                Nooit was God se hemelse
                naam in die Ou Testament bekend gemaak nie! Anders was Jesus totaal
                deurmekaar. 
                
  
                Kyk
                hierna… 
                Joh
                      17:1  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel
                      opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan
                      verheerlik— 
                  
                Joh
                      17:6  Ek (Jesus) het u Naam
                      geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort,
                      en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. 
                  
                Joh
                      17:26  En Ek (Jesus) het u Naam aan
                      hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad
                      het, in hulle kan wees, en Ek in hulle. 
                  
                Joh
                      5:43  Ek (Jesus) het gekom in die
                      Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam
                      kom (NG, AGS, PPK, Baptiste, Sewende Dag Adventis,
                      Lede in Christus, Suidlanders, ens...) , hóm sal julle
                      aanneem. 
                  
                Die Seun van God was nooit
                as YaHWeH bekend nie! Glo julle werklik dat God so
                onregverdig kan wees deur te sê, “elkeen wat die naam van die Here aan roep sal gered word” en dan
                ons ‘n Bybel te gee waar sy naam nie eenkeer voorkom nie? Nie in die Afrikaanse of KJV Bybel
                nie. Hy was met geen ander Naam
                bekend as net Jesus Christus (Yeshua, Jesu Cristos) nie. ‘n Naam wat as ‘n vloek gebruik
                word! 
                  
                Act
                      4:12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is
                      ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons
                      gered moet word nie. 
                  
                Jehovah van die Ou
                Testament, is Jesus, van die Nuwe Testament! 
                  
                Aramaic:  Yehshua
                       = “God red” of “God ons
                      redder”, afgelei vanaf  
                                          
                  Yah’ =
                       God 
                                
                    
                            Shua
                       =
                      naamwoord - redder 
                                        
                           
                        werkwoord  -
                om te red 
                  
                …ons keer terug na ons
                oorspronklike onderwerp… 
                  
                God praat
                verder… 
                Eze
                      7:24  Daarom sal Ek die kwaadaardigste
                      nasies (swartes) laat kom, wat hulle (Afrikaner
                      se) huise in besit sal neem, 
                  
                Dit is tog die oorspronklike
                boodskap uit Gustav se pen uit! -Redakteur.] 
                
  
                
                Gustav praat
                verder… 
                As leier van die Suidlanders
                vra ek dat ons medevolksgenote ons nie sal oordeel op ‘foute’ van die verlede of van die toekoms
                nie. (Selfs in die Boereoorlog is baie ‘foute’ gemaak, maar deur die Genade het ’n handjievol drie
                jaar lank teen die magtigste land ter wêreld staande gebly, en vrees die wêreld ons tot vandag toe
                nog). Oordeel ons volgens die opregtheid van ons harte om in die bres te tree vir God, Volk en
                Vaderland. ( “ No one is perfect, only perfect intention ”). 
                 
                ’n Suidlander glo ook dat God ons nie vir altyd verstoot nie, maar ons weer sal herstel in die mooi
                land wat Hy vir ons Vaders by Bloedrivier beloof het (Jes. 61, Jes. 60, Jes. 57:14-21, Jes.
                40:1-11, Jes. 12:1-6, Ps. 118, 1 Joh. 5:4, 2 Kor. 6:2, Hand. 13:35-41, Joh. 14:1, Habakuk 1:5 en
                Habakuk 3:13; daar is nog duisende ander verse. 
                 
                Selfs die berugte ‘Mandela-SMS’ het ’n positiewe uitwerking gehad (2 Kron. 20:15) in dié
                opsig dat baie mense wat gedreig het om kosvoorrade aan te koop en dit nooit gedoen het nie, was
                kort na die berig slaggereed; en ek hoop en bid dat u steeds voorbereid is. Want selfs ’n graad 1
                kind sal aan die politieke veranderinge in die afgelope paar maande kan sien dat onrus broei en
                onstabiliteit ons voorland is. Die Bybel sê vir ons: “vir hom wat glo, gebeur alles ten goede”. En
                as ek kyk na al die publisiteit wat die Suidlanders gekry het uit daardie duisende SMS’e wat die
                voorblaaie van byna al die koerante gehaal het, en waarmee die media gehoop het om ons boodskap
                belaglik te maak, dan besef ek eers hulle het hulself in die voet geskiet, want daardie berigte het
                gehelp dat duisende ander ook kennis geneem het van die onheil en naderende tydbom wat op Suid-
                Afrika wag. Ons is oorval deur navrae, en gevolglik het nog baie van ons volksgenote hulle begin
                voorberei. Alle eer aan God! 
                
  
                [Redakteur. 
                 - 
                2Ch
                20:15  … So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik
                vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van
                God. 
                  
                Wat se onsin raak Gustav nou
                kwyt! Totale verwaring! Dit is baie duidelik dat Gustav en Kie die skrifte na hartelus aanhaal om
                die mense se ore streel!  2 Tim 4. Die eerste boodskap
                van God lui, “Hierdie goddelose volk … (Jer 13:10) is vol sonde en Ek gaan hul vernietig indien hulle nie terug keer na my weë nie.” Wat
                het verander? Sportgode, dobbelhuise, TV’s, naaktheid, hoerering en vuil taal. Mans wat soos vroue
                lyk en vrouens wat soos mans lyk en aantrek, ens. Ja, self die groot meerderheid Suidlanders.
                Geloftedag viering is nie bekering nie. Nou, volgens die Suidlander leiers, gaan
                God skielik sy eie beloofde straf en vernietiging af weer. – Redakteur
                      .] 
                  
                  
                In Desember 2007 is ek in
                hegtenis geneem en daarvan aangekla dat ek medepligtig sou wees aan die besit van ’n onwettige
                vuurwapen, en ook dat ek tjekbedrog sou gepleeg het. Die tyd wat alle dinge uitwys, sal ook uitwys
                dat dit ‘n gefabriseerde klag was om die Suidlanders in ’n swak lig te stel. Ek besit reeds ’n
                gelisensieerde vuurwapen, en sal nie so kortsigtig wees om die Suidlanderorganisie waarvoor ek
                letterlik alles opgeoffer het, met een onbesonne daad te vernietig nie. Die sogenaamde ‘tjekbedrog’
                spruit voort uit omstandighede waaroor ek geen beheer gehad het nie. Ek het dienste gelewer
                waarvoor geld op my rekening inbetaal sou word, en op grond daarvan het ek in goedertrou ’n tjek
                vir my vragmotorlisensies uitgeskryf. Omdat my skuldenaars in gebreke gebly het om my te betaal, is
                my tjek toe terugverwys. En intussen is ek reeds besig met reëlings om die lisensiegeld aan die
                betrokke munisipaliteit terug te betaal. 
                 
                Daar is ’n gesegde wat lui: ‘Wie ’n gat vir ’n ander grawe, val self daarin… Ons lees in die boek
                van Ester van Haman wat ’n galg gebou sodat hy vir Mordegai kon laat hang. Maar deur die ingryping
                en uitredding van ons Hemelse Vader het Haman op die einde aan sy ‘eie’ galg gehang. Net so was dit
                ook met die Februarie 2007-inligting oor Mandela se dood. God het daardie doelbewuste disinformasie
                so gebruik dat dit ook vir vandag se Mordegai (sy oorblyfsel) tot voordeel strek. Daarom aanvaar ek
                die bietjie smaad wat ek hieroor moet verduur, en ek loof en prys die Vader vir die positiewe
                uitwereking wat dit op ons hele poging gehad het, nl. die bewusmaking van ons volk. 
                 
                ’n Suidlander kritiseer nie ’n ander volksgenoot bloot omdat daar ’n meningsverskil is nie, maar
                glo in die ou leuse van Suid-Afrika, nl. ‘Eendrag maak mag’. ’n Suidlander fokus op die positiewe
                wat ons volk kan saamsnoer om ’n hegte eenheid te vorm. (Fil. 1:27, Fil. 2:2 en 1Kor. 12:12-31). ’n
                Suidlander distansieer hom steeds van geweld en verbind hom om enige volksgenoot wat in nood sou
                verkeer in die toekoms te hulp te snel. In hierdie verband is daar baie disinformasie in omloop,
                maar ons doen opnuut ’n beroep op u om binne die riglyne van die wet te bly. 
                 
                Ons is en bly Knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry. ??? 
                 
                Suidland Groete. 
                Gustav Müller
  
                Oorsprong: Die Suidlanders 
                http://suidlanders.blogspot.com/ 
                  
                  
                [Skrifte en kommentaar deur
                die Redakteur… 
                  
                Eze
                      33:26-28
                   Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen
                die vrou van sy naaste—en sal julle die land as besitting ontvang? 
                (27)  So moet jy
                vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is,
                sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om
                opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes
                sterwe.  (28)  En Ek sal die land ‘n wildernis en ‘n woesteny maak, en aan sy
                trotse mag sal ‘n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar
                oorgaan. 
                  
                …die Vrees
                van die Here… 
                Pro
                      1:7  Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis;
                      … 
                  
                Psa
                      33:18-19
                   Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op
                die wat op sy goedertierenheid wag;  (19)  om hulle siel te red van
                die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. 
                  
                …gee jou lewe vir God dan
                sal Hy jou red… 
                Mar 8:35 
                Want
                elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om
                die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.  
                  
                Gustav
                sê…  
                “`n Suidlander glo ook dat God
                ons nie vir altyd verstoot nie, maar ons weer sal herstel in die mooi land wat Hy vir ons
                Vaders by Bloedrivier beloof het…” 
                  
                …maar ons erfenis is nie hier nie… 
                Mar 8:35-38  Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade
                ly?  (37) 
                      Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy
                      siel?  (38)  Want elkeen wat hom vir My en
                      my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, … 
                  
                 …moenie vrees vir… 
                Mat
                      10:28  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die
                      siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan
                      verderwe in die hel. 
                  
                As jy nie weer gebore is
                nie… 
                Joh
                      3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar
                      Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien
                      nie. 
                  
                Act
                      2:40  En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan
                      en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. 
                  
                …God is met niks minder
                tevrede nie. Laat staan jul eiewys praatjies, en soek eers die koninkryk van God en al Sy
                geregtigheid! 
                  
                Mat
                      6:33-34  Maar soek eers die koninkryk van God en sy
                      geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg
                      word.  (34)  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy
                      eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. 
                  
                Heb
                      10:25-26
                   en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die
                gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag
                sien nader kom.  (26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis
                van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, 
                  
                …Gustav
                skryf… 
                Onthou om elke aand na ete
                Huisgodsdiens te hou, saam met u hele gesin! Want die Woord sê, as ons ons
                bekeer van ons verkeerde weë en terugkeer na God toe,  “sal” Hy ons
                uitred!!! 
                  
                Amen.. 
                  
                 Latere
                byvoegings. 
                  
                19 Julie 2007 –
                Boodskap van Gustav Müller 
                  
                Suidlanders, 
                Ons staan op die vooraand van
                `n Bloukrans en Weenen en tog is daar nog persone wat dit ontken en “vrede…vrede…” sanik (Jer.
                14:13-16). 
                  
                Terwyl `n groot deel van die
                Boervolk kliphard besig is om hul gode soos Mammon en Astarte daagliks te dien, pryk daar op die
                hoogtes vreemde tempels van vreemde godsdienste; en dit in `n land wat deur die Almagtige aan ONS
                gegee is by Bloedrivier. In dieselfde land waar die vyand teen `n geweldige tempo besig is om teen
                ons te mobiliseer - bande wat daagliks op snelweë gebrand word en tientalle stakings by groot en
                klein maatskappye. Dan is daar natuurlik die hotel in Kerkstraat wat sy boonste verdieping vir R60
                000-00 verhuur het aan CNN, BBC en SKYNEWS spesiaal vir Mandela se begrafnis. 
                  
                Hiermee daag die Suidland
                Bestuur, wat minstens sal bestaan uit 30 lede, Mnr. Mandela uit om `n dinee by te woon saam met ons
                Suidlanders. En NIE die dubbelganger nie wat `n eenvoudige grappie deesdae van `n vel papier moet
                aflees! (Wie dink die media bluff hulle?). Want ek, Gustav Müller, het `n paar vrae oor sy
                (Mandela) terroristiese verlede wat die dubbelganger nie sal kan beantwoord nie. 
                  
                Mnr. Mandela, indien u bereid
                is om die uitdaging te aanvaar, is Zelda welkom om ons in verbinding te tree per e-pos, by
                suidlanders@gmail.com, en ons sal in samewerking met u beskermers, lykbesorgers en die SAP, u
                ‘vuil’ligheid probeer verseker - so tussen die balsemwalms deur en in samewerking met AVBOB, SAFFAS
                of Martins-begrafnisondernemers. 
                  
                Hiermee vergewis ons net die
                Suidlanders van `n uitnodiging wat reeds gerig is aan Mnr. Mandela en nooi ons ook al die koerante
                en tydskrifte uit om die dooilike okkasie by te woon. 
                  
                Nogmaals doen ek, Gustav, `n
                ernstige beroep op ons volk om, terwyl hulle nog in `n relatiewe normale land woon, hulself toe te
                rus teen geweldpleging en hongersnood. As jy swak toegerus by `n kampterrein aanmeld, gaan jy die
                een wees wat die meeste ongerief gaan verduur. Daarom doen ons `n beroep op die volk om julself toe
                te rus met die nodige toerusting en voedsel omdat ons vir julle omgee. 
                  
                Vir mense met wie dit
                finansieel broekskeur gaan is hier ‘n lys van die absolute minimum waarmee jy oor die weg kan kom.
                Dit is `n lys vir `n gesin van 4 vir 3 maande - 2 etes per dag: - 
                  
                Pappot 
                Poeiermelk 10 kg 
                Mieliemeel 60kg x 3 
                Suiker 10 kg 
                Rys 30kg Spaghetti/ Macaroni
                kan vir afwisseling gebruik word. 
                Bogenoemde bestaan uit `n 11
                uur ete wat `n mieliepap ete is met melk en suiker. Aandete teen 5 uur bestaande uit `n 200g
                soya-maalvleis en `n koppie rys. 
                  
                Die volgende toerusting behoort
                in u huis te wees: - 
                Pot vir pap 
                Eetgerei: 4 borde, 4 papborde,
                4 bekers, 4 messe en vurke, 4 lepels 
                Beker / 2ℓ Coke bottel om
                melkpoeier in aan te maak 
                Aanstekers 
                Skottelgoedseep+waslappie+skuurdraad+
                afdroogdoek 
                Lyfwasseep 
                Klerewasseep 
                Tou, spykers en `n
                hammer 
                Draad (1.5mm) 
                Houtsaag 
                Tang 
                Komberse, kussings en
                slaapsakke 
                Warmklere en
                reenjasse 
                Skoene en kouse 
                Flits/kerse 
                Sekel 
                Medikasie 
                Alle kruideniers in
                kaste 
                `n ROER-ding 
                Tandepasta en `n
                tandeborsel 
                Lamp en lampolie 
                  
                Indien u nie geld vir `n tent
                het nie, koop ‘n R200-00 kuilvoerseil by naaste koöperasie. 
                  
                Ons is dankbaar dat die ergste
                winter aan die verby gaan is ( en soos die Bybel sê bid dat jul vlug nie op die Sabbat of in die
                winter is nie). 
                  
                Suidland groete 
                Gustav Müller 
                  
                [Baie goeie lys Gustav, net
                jammer jy het nie ook ‘n plekkie gemaak vir God se Woord genoem “Die Bybel” nie.] 
                  
                Wat sal ons
                dan doen, waarheen kan ons vlug? 
                Aan diegene wat vra,
                “Wat sal ons dan doen, waarheen kan ons vlug? “. Die Woord van God, (Sy naam is Jesus
                Christus), sê eerstens… 
                  
                Act
                      2:38-39  ... Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in
                      die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige
                      Gees ontvang.  (39)  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal
                      wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 
                  
                ...en moenie asseblief nie
                julle ore uitleen aan al die geleerde valsaards wat babas besprinkel as plaasvervanger vir ‘n
                skriftuurlike doop nie.  
                  
                Pro
                      18:10  Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die
                      regverdige hardloop daarin en word beskut. 
                  
                Psa
                      91:14  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal
                      hom beskerm, omdat hy my Naam ken. 
                  
                In afsluiting, ‘n woord van
                advies aan al julle selfgemaakte, half
                gebakte Israeliete wat ons
                boerevolk  geïnfiltreer 
                het; - God
                het nog nooit met die Israeliete gedeel buite hul grondgebied nie. As jy werklik glo dat jy ‘n
                Israeliet is, pak jou tassie en gaan na Israel, want dit is die enigste plek waar God erkenning aan
                jou sal gee. 
                  
                Rom
                      3:29  Of behoort God net aan die Jode (Israeliete), en
                      nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, 
                  
                …en aan die nie-Israeliete
                (heidene) sê die Woord dat die Israeliete julle glad nie voor sal wees nie! 
                  
                Act
                      15:14-16
                   Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk
                uit die heidene vir sy Naam aan te neem.  (15)  En hiermee stem die
                woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: (16)  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut
                van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit
                herstel... 
                  
                Act
                      28:28-29
                   Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die
                heidene gestuur is, en hulle sal luister.  (29)  En toe hy dit gesê het, het
                die Jode (Israeliete), onder groot woordestryd met mekaar, weggegaan. 
                  
                Rom
                      9:30-33  Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid
                      nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit
                      die geloof is;  (31)  terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag
                      het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. 
                      (32)  Waarom?
                      Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want
                      hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.  (33)  Soos geskrywe is:
                      Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in
                      Hom glo, sal nie beskaam word nie. 
                  
                Mat
                      12:21  En op sy Naam (Jesus) 
                       sal die heidene hoop. – en so is dit dan
                      ook. 
                  
                Hierdie saak strek baie
                dieper as net beveiliging van ‘n sekere groepie mense; dit behels ook die saligheid van die
                menigtes wat blindelings agter ‘n baie slu en gevaarlike kalant / beweging aan loop. Moet nooit
                Satan se vermoë om te mislei, onderskat nie! Wees nugter en pasop vir hierdie tipe van misleiding.
                Hierdie mense verkondig nie die Evangelie en bekering van die Bybel nie. 
                  
                Boere groete vanaf ‘n
                bekeerde Suidlander. 
                  
                Dion de Beer - die
                Redakteur. 
                  
                NS. 
                Gal
                      1:6-8  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat
                      julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie
                      toe,  (7)  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige
                      mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil
                      verdraai.  (8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n
                      evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n
                      vervloeking wees! 
                  
                  
                  
             |